Tuis-Kabouterland Kleuterskool Rustenburg

rtbmikros@gmail.com
Geloof Oorwin Alles

Welkom!

Copy_of_Untitled-3

Kabouterland Kleuterskool het sy deure geopen in 1987 en is ons baie trots op ‘n puik skool. Daar heers ‘n huislike en persoonlike atmosfeer onder die personeel, kleuters en ouers.


Dit is vir ons belangrik om elke kleuter tot sy/haar volle potensiaal te ontwikkel op liggaamlike en emosionele vlak. Ons werk nie net by Kabouterland Kleuterskool nie maar het ook baie pret!

Gekwalifiseerde personeel bied die klasse op ‘n interresante en informele wyse aan. Die klasse is goed ingerig met genoeg ruimte vir speel en leer. Alle klasse is toegerus met die nodige opvoedkundige speelgoed om die kleingoed te vermaak. Ons volg ook ‘n streng roetine in die klas om te verseker dat alle leerareas gedek word. Die speelterrein is veilig en kleutervriendelik met genoegsame klimapparaat om die grootspiere te ontwikkel. Die jonger maats maak gebruik van hul eie speelarea wat afgeskei is van die groter maats en is aangepas vir hulle veiligheid.
Die belangrikste is die tonne liefde wat ons vir die maatjies het! Hulle is nie net Mamma en Pappa se kosbaarste “besittings” nie maar ook ons sin.

Ons Babasentrum is goed ingerig volgens die standaarde van die gesondheidsdepartement. Dit is ‘n pragtige, ruim en sonnige lokaal met oorgenoeg toebehore om die kleingoed te stimuleer en besig te hou. Liefdevolle en goed opgeleide personeel met jarelange ondervinding versorg die babatjies daagliks en glo aan liggaamlike kontak m.a.w baie, baie drukkies en liefde. Personeel is ook opgelei in noodhulp dus kan ouers hul kleingoed met ‘n geruste hart in ons bekwame hande laat. Babas word deurentyd gemonitor en aantekeninge word in baba se boekie gemaak, sodat Mamma en Pappa ten alle tye weet wat alles by die skool gebeur het. Streng maatreëls word toegepas met higiëne en siektes, en word ouers onmiddelik gekontak indien die maatjies siek word. Kabouterland Kleuterskool se babasentrum is ouers se eerste keuse want by ons is al die babatjies nommer een!

Kyk gerus deur ons webblad vir meer inligting, asook om aansoek te doen om u kleuter in te skryf!


BESOEK ASSEBLIEF OOK ONS
CVO PLATINA (MIKROSKOOL) WEBBLAD

2017_LOGO_Platina22

CVO Platina RTB